‘n Saterdag by die viswaters

My opskrif gaan snaaks klink sodra julle sien wat ons actually gevang het…

Ek wil eers sê dat Wilmarie by Lim0 aansluit, so ek het darem ‘n maatjie wat saam met my kan gaan boek ‘bespreek’.  Sy wil egter elke maand bymekaar kom – ek vermoed dit het iets te doen met ongeïnhibeerde wyn en klets terwyl nie Riaan of Lambertus daar is nie.  Sy het dit baie vinnig aan hulle gestel dat die boekklub net vir girls is.  Het besluit om haar nie te weerspreek nie.

Hier dan is ek en Wilmarie vroegoggend (vir ons, altans – was so 8uur by Maselspoort) besig om in te gooi:

Wilmarie en Cornelle

sany0343.jpg

Dit was ‘n heerlike dag.  Julle sal sien dat soos die dag vorder, die velletjies al hoe rooier word.  Dit was bewolk, sien en ons het net nie agtergekom hoe skerp die sonnetjie van agter kom nie.  Ons het geen visse gevang voor ete nie, so toe is dit maar Plan B (ja, reg…) en het ons burgers gebraai.

sany0354.jpg

Kan julle nie nuwe hue op die velle raaksien?  Soos verwag (en nie noodwendig beplan nie … evil laugh) het die ouens later maar oorgeneem.  Laat ek nou nie doekies omdraai nie – ek het net een keer ingegooi en as dit nie op kamera vasgelê was nie, sou niemand my seker geglo het nie.

sany0357.jpg

sany0358.jpg

En toe vang ‘ons’ (Riaan se stok, maar hy was op die foon met die werk – sal daardie histeries snaakse foto later opsit – Lambertus het inkatrol) ‘n vis:

sany0362.jpg

Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

3 Responses to ‘n Saterdag by die viswaters

  1. rialette says:

    Excellent foto’s – het my laat giggel, veral Riaan se visvanghoedjie… Daai vis sal moet groei in die visserman/vrou stories!

    Welkom aan Wilmarie – en daar is geen beperking op die aantal byeenkomste, bottels wyn, snye koek en ander praatjies by hierdie klub nie!

  2. rialette says:

    Ps.: ek laaik die new look!xxxria

  3. cornelle says:

    Ja, ek het gatvol geraak met daardie nou enetjie. Die fotos wou net nie inpas nie en toe verander ek die maklikste!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s