Poppie se opvolg

Ek weet, die helfte van ons het seker nog nie Poppie klaargelees nie (ek), maar ek is sterk oppad om dit klaar te maak.  Sy moes net eers terugstaan vir LIN618 (linguistiese teorieë) en LIN698 (kritiese linguistiek).  Maar altwee take is vandag ingehandig en ek sal spoedig daarvan vergeet.  Alhoewel die kritiese linguistiek dalk interessant kan wees om toe te pas op die boeke … ?  Dalk net te veel werk.

MAAR, al is Poppie nog nie heeltemal klaar nie, wil ek en Wilmarie voorstel dat ons Etienne le Roux se Silberstein trilogie volgende lees.  Die ding is, ek het die trilogie vir haar gegee vir haar verjaarsdag 🙂

 Laat weet hoe julle daaroor voel.

Ek kan ook net opvolg op ‘Ander leemtes’ – daar is sover drie personeellede van my wat ingeskryf het vir die kursus.  Enorme hoeveelheid, ek weet, maar bygesê, ons het dit nou ‘n maand eers laat wag sodat die biblioteek kan klaar trek en rondskuif.  Maar daar is weer ‘n paar nuwe posts op.

(O, en as julle nie van die nuwe look hou nie, verander gerus.  Ek soek net nog die hele tyd ‘n template waar die fotos heeltemal wys.  Die een is sover die enigste.)

Advertisements
This entry was posted in Boek 1. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s