Klaar met Poppie

Okay, dis al ‘n paar weke terug wat ek klaar was met haar, maar kom om een of ander rede nie sover om daaroor te skryf nie…

Hou van die nuwe agtergrondontwerp en hopelik sal Colette ons in cyberspace join, sodra sy (hopelik in een stuk) van die Drakensberge af terugkeer.

So. Poppie. Voor in my vergeelde kopie van die boek staan geskrywe: my naam en die datum 1992. Het die boek al 16 JAAR en nog nooit gelees nie! As dit nie ‘n leemte is nie, weet ek nie. Het R19-95 gekos in 1992, by the way.

Deel I – Kinderjare: So min het verander in ons land, nog steeds die oumas wat kinders grootmaak. Boek is maklik toeganklik, maklik om te lees, alhoewel die verandering tussen eerste- en derdepersoonsverteller nogal weird is. Nie steurend nie, wonder net hoekom? Beide vertellers klink of dit Poppie se stem / verhaal is, maar aan wie vertel sy dit? Wie skryf dit neer sodat die verlede nie vergeet word nie? (Isabel Allende se obsessie)

Die feit dat daar so baie is wat nog dieselfde in SA is, het my laat dink aan Cry the Beloved Country – as jy daarin die beskrywings lees van Johannesburg en misdaad, dan is dit net amazing en pretty depressing want dit klink soos ‘n beskrywing van Gauteng vandag. Hoe kort is ons geheue nie (sonder boeke)? En wat ‘n besef: die boonste lagie en die name verander maar die werklikheid en die mensdom bly dieselfde.

Elk geval, in deel 1 is Poppie vir my al klaar swerwer: van een plek en huis en versorger na die ander.

In deel 2 (haar huwelik) – so naief en kinderlik. Die hele boek seker maar ‘n kroniek van “loss of innocence”, van karakters en van die leser, van Suid-Afrika. Die tradisies en gewoontes rondom die huwelik (klere, naamgewery) volgens Annie nog so in konserwatiewe Xhosa-families. Sy het deur soortgelyke proses gegaan toe sy met haar man getroud is.

Die kuier in Kafferland se kultuurskok is amuserend op ‘n ironiese manier: sy is volgens Apartheidswetgewing veronderstel om tot hierdie “kultuur” te behoort maar dis vir haar vreemd, selfs afstootlik. Glad nie gewoond aan platteland.

Deel 3 (in die Kaap): Poppie se sleep-in werk – niks het verander van 50+ jaar gelede nie. Depressing. Vind al die name wat sy het interessant: Poppie, Nonkosinathi, Rachel. Naam gekoppel aan identiteit, en identiteit die hele spil waarom Apartheid draai. En identiteit se koppeling aan ras en kultuur en jou rol in die samelewing. Jou plek in SA.

Die dood van Mr Mfukeng: is dit ‘n wonder dat ons land so vol geweld en korrupsie is? 48 jaar gelede en dit gaan al so. Die saad is lank gelede gesaai en dan wonder ons waar die onkruid vandag vandaan kom. Hoe lank voor ons ‘n geweldadige verlede kan afle? Die sondes van die vaders, tot in die derde en vierde geslag…

Deel 5 – Ciskei toe: Vind Poppie se man as die hartseerste karakter. So magteloos, sy behoefte om die beste vir die kinders te gee. Bietjie meer karakterisering van Poppie – haar gevoel van eensaamheid en verontregtheid maak dit maklik om met haar te identifiseer. Ook haar jaloesie op almal wat aangaan met hulle lewens in die Kaap en regkom sonder haar maak haar karakter vir my meer geloofbaar.

Dalk my grootste kritiek teen die boek: karakterisering. Ek hou nou maar een maal van karaktergedrewe stories en hierdie is meer soos ‘n verslag soms. Wat het gebeur en hoe het mense daarop gereageer, maar sonder om hulle gevoelens te beskryf.

Baie bleak einde: dis jou pad en jy is bestem om dit te loop. Dis wat die burokraat en die kerk haar geleer het. Is dit reg om dit net te aanvaar?

Nou is dit julle beurt om te skryf! Silbersteins is reg vir volgende. Gaan eers begin as ek terug is van ENGELAND!!! Kan nie wag nie!

Advertisements
This entry was posted in Boek 1. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s