Die volgende boek

Ek bieg – ek het nog nie Poppie klaargelees nie.  Ek is so kwart van klaar, maar ek kon haar net nog nie weer optel nie.  Ek kan die studies blameer, die baie werk, die huis … maar eintlik is dit vir my net so effens te neerslagtig.  MAAR, in my verdediging, het ek met die volgende boek begin – Sewe dae by die Silbersteins.  En bo verwagting geniet ek dit verskriklik. 

Ek en Wilmarie het gisteraand oor ‘n Vodka, lime en soda gesels oor hoekom ek dit sover geniet.  Ek het met my gewone onsamehangendheid probeer vertel hoekom en dadelik het sy begin gesels oor om jouself te leer ken en kollektiewe onbewuste.  Toe gaan loer ek so bietjie vooruit na van die literatuur wat ek uitgeneem het oor die Silberstein-trilogie … en sowaar!  Daar is van die hooftemas individuasie en die kollektiewe onbewuste.  Aangesien ons al so baie daaroor gesels het in die laaste jaar, reken ek dit is juis hoekom ek so aanklank vind by die boek.

So miskien sal ek maar later vanjaar my opinie oor Poppie gee …

Advertisements
This entry was posted in Boek 2. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s