Sewe dae #1

Sewe dae is klaar.  My verkorte weergawe van hoe ek die boek verstaan, is soos volg:

Onskuld beskerm die mens teen sekere kwaad en teen baie vrae.  Maar as jy nie vrae kan vra nie, dan word jy ook ontneem van kennis.  Kennis is nodig op baie vlakke, maar sodra jy kennis begin opdoen, verloor jy ook onskuld.  Dan word jy blootgestel aan hoeveel dinge in die lewe kwaad is / doen.  Maar jy kan ook meer geluk kry as wanneer jy heeltemal onskuldig is.  Daar is dus ‘n keuse om onskuldig te bly, nie vrae te vra nie en dom te bly vir alles behalwe die klein deeltjie wat jy ken / glo.  OF jy kan kennis bymekaarmaak, meer blootgestel wees aan kwaad, maar dalk ‘n sterker persoon word daarvoor en beter besluite kan neem. 

Ek voel so bietjie (maar dis dalk ook omdat ek weet dis tydens apartheid geskryf) dat die storie sê: maak oop jou oë.  Vir kwaad.  Vir goed. 

Ek weet nog nie lekker (daarvoor dan ook die tesis) hoekom ons held elke keer verkeerd aangetrek het tot die sewende dag nie, maar ek reken dis dalk ook deel van sy groei en bewuswording van ander sienings in die wêreld.  Wanneer hy eindelik besluit om ook ander in te sien / oorweeg, dan pas hy beter in.  Maar ek is nie oortuig dat die storie noodwendig preek dat jy moet inpas nie.  So help ‘n bietjie daar?!

Na ek Silberstein klaargemaak het, het ek en Klara so bietjie Agatha Christie geniet:

Advertisements
This entry was posted in Boek 2. Bookmark the permalink.

One Response to Sewe dae #1

  1. rialette says:

    Colette ook klaar met Sewe dae, so ons soek meer info… Kennis van goed en van kwaad klink soos ‘n Bybelstorie. Wil beslis meer weet oor held se onvermoe om korrek aan te trek – individu vs kollektiewe / groep identiteit? En wat is dit met Dr Johns en Regter O’Hara wat elke keer op-pop? xr

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s