Die nuwe jaar

Ek het natuurlik nie Droë Wit Seisoen klaar  begin gelees nie. Maar Boeke Insig se behoefte aan vrae vir ‘n artikel oor André P Brink het my darem gedwing om so paar ander boeke van die biblioteek se rakke af te haal.  Het êrens raakgelees dat hy baie gereis het en in my hoop om dalk ‘n vraag of twee daaruit te identifiseer, sit ek nou met sy Latynse Reise (ISBN 0 7981 2673 6).* En ek kan nie glo hoe baie ek dit geniet nie – en hoe baie ek hou van hoe hy skryf nie.  Ek is oortuig (al het ek nog nooit ‘n ander boek van hom oopgemaak nie) dat sy fiksie dalk nie heeltemal so maklik gaan lees nie, maar ek kan hierdie reisverhale aanbeveel.

Behalwe vir elke jong meisie of vrou wat as hups of wulps beskryf word (nou net in sy beter woordeskat) en met ‘kokette wipstappies’ rondloop, hou ek baie van hoe hy alles beskryf en daar is baie keer ‘n deernis vir die mense wat hy raaksien en ontmoet wat ek aantreklik vind.  Die sentiment, nie die man nie… ek het al gewonder of hy ooit aantreklik was?  Nietemin, hier is een van daardie deeltjies:

“…aan die suidpunt van die Camargue… Daar het ‘n oubaas met ‘n babawaentjie gesit, met sy twee honde daaraan vas.  Die waentjie was hoog gelaai met alle soorte rommel; en aan ‘n splinterige mas het ‘n verbleikte ou Franse driekleur gewapper.  Af en toe het hy ‘n bottel in sy mond omgekeer, met ‘n mou sy lippe afgevee, enen met sy honde sit en gesels.  Skemeraand sou hy koffie maak op ‘n lamlendige ou stofie en dit dan sorgvuldig verdeel tussen hom en sy honde.  So ook die brood.  Hy breek dit brokkie vir brokkie; een vir hom, een vir elke hond.  En so, met brood en koffie, hou hulle nagmaal.  Die mooiste was dat die hele dorpie se kinders daar om hom saamgedrom het.  Waarom? Vertel hy stories? Of is hy sommer net interessant? En as hy uiteindelik wegstap na sy slaapplek op ‘n ander pleintjie teen ‘n muur, dan groet almal en staan hom en agternakyk in die diepskemer: klein seuntjies in wye broeke, opgeskote knape met kuiwe, ‘n meisietjie met ‘n smal kuitbroek en met die selfbewuste tart van ‘n vroeë lente in haar (I rest my case…).  Die volgende dag was hy maar weer daar, dié keer net hy en ‘n klein kaalvoetdogtertjie, druk in gesprek.  Van waar sou hy kom?  Waarheen sou hy gaan?  En die see dreun maar, deur al sy nagte, al sy dae.”

Dalk is dit die honde se skuld dat ek so baie daarvan hou.

*My vraag oor sy reise: Waar is jou gunsteling restaurant? 😦

PS. Colette, hier is die link na daardie serppatroon.

Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s