Fame at last!

Alles te danke aan Cornelle – ons “boekklub” se eerste buiging op die nasionale verhoog: eervolle vermelding in BoekeInsig! En benewens die vrae in die nuwe uitgawe van die tydskrif, kan jy ook ander briljante vrae onder Leemte in my Opvoeding boekklub se vaandel lees op hul webwerf! Hoe cool is dit?

Het nog nie boek van Brink gelees nie, maar uittreksels uit Latynse reise (op blog en aan my gepos) lyk na my soort lees. Het heelwat ander boeke darem al gelees hierdie jaar. Eers ‘n “blast from the past”: het Mary Stewart se boeke oor Merlin en Arthur op skool gelees. Sal dit nog steeds so stunning wees soos ek dit onthou? Gelukkig JA! Wel, nog net die eerste een herlees (The Crystal Cave) maar dit was heerlik. Pa het dit in die hande gekry en ook geniet, soveel dat hy die volgende een in die reeks ook al aangepak het. Dink nogal Riaan sal ook daarvan hou – dit is vir my baie in die tradisie van Lord of the Rings – epies maar met amazing karakters.

Nog ‘n boek wat ek op skool gelees het (dit was in standard 5 en het een hele naweek my lewe oorgeneem): The Endless Steppe deur Esther Hautzig. Ook steeds goed, maar nie dieselfde betowering nie – in 1986 is ek totaal weggevoer na Siberie…

Dan was daar ‘n paar ongelooflike nuwe boeke en ‘n paar duds – sal later weer skryf – weerlig – bang! Gaan rekenaar uitprop! EEEEKKK!

Advertisements
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.

One Response to Fame at last!

  1. cornelle says:

    Sissy! Bang vir die weerlig … 🙂 Kan nou nie regtig praat nie, nĂ©, want na die weerlig ons skoorsteen raakgeslaan het sit ons elke keer alles af (en prop uit) as ons klaar gekyk het.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s