Oppad

Hierdie jaar is die jaar van die huis. Volgende jaar sal die jaar van die tuin wees (alhoewel die tuin darem nou al na iets beginne lyk). So twee weke terug het ek die naweek spandeer om ‘n paar ou meubels op te kikker. Die sideboard het ek saam met my kombuistafel en -stoele gekoop, maar die ding het so gestink na rook, dat ek besluit het dis die ideale verskoning om dit te verf. Hier is die befores en beafters:

Maggie het kom inspeksie hou.

Maggie het kom inspeksie hou.

 

Met die Springbokradioplate.

Met die Springbokradioplate.

Die stoele wat aan weerskante sigbaar is het ek swart geverf – was ook net hout, maar die 70s styl is net moeilik om te stomach. Ek gaan later die GROEN kussings oortrek met swart materiaal en het ‘n nifty plannetjie met rooi vilt vir ontwerpe bo-op.
Later die aand was ek moeg en seer geverf, maar daar was bietjie vermaak en, soos gewoonlik by die Van der Neste, meer as genoeg vog om die seer lyf op te kikker:
Wilmarie, ek en Lambertus

Wilmarie, ek en Lambertus

 

Wilmarie en ek: ons het dit goed gedink om nie te veel wyn te drink nie...

Wilmarie en ek: ons het dit goed gedink om nie te veel wyn te drink nie...

Hopelik kan ek een van die dae ‘n hele paar ander huisgoed klaarmaak, maar dan is daar altyd die heerlike 3weke vakansie wat vir my voorlê in April vir dit wat nie gedoen kom nie.
Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

2 Responses to Oppad

  1. rialette says:

    Wow dit lyk amazing. Hou van stoele en die rame met plate lyk goed. Daai smiles en blink wangetjies van jou en Wilmarie…

  2. cornelle says:

    Ek weet, ek weet… Dit was na ‘n paar bottels wyn. Die Van Wyk’s en die Van der Neste kan maar net nie saamkuier sonder dat die wange blink nie. Vetterige aande, sal Wilmarie sê – dis nou as jou wynglas sulke lekker vetterige vingermerke op het as jy klaar gedrink is 😉

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s