Seams to me

Ek is baie opgewonde – my kopie van ontwerper Anna Maria Horner se boek Seams to me het vandag in die pos gekom. Ek was so twee weke terug eintlik op soek na ‘n Yoga DVD omdat ek net nie op my eie die dissipline het om meer as die sun salutation te doen nie. En ek kan in elk geval nie meer al die bewegings en posisies onthou nie. Derhalwe reken ek toe as ek iemand het wat lei (al is dit nou op die TV), sal ek meer gedoen kry. Hou duime vas… Maar toe sien ek Seams to me is bietjie goedkoper as toe ek dit laas daar gesien het en dit was my verjaarsdagmaand! As ek nou nog verskonings hier bysit, gaan dit verseker klink asof ek dink ek moes dit nie gekoop het nie 😉

Ek is mal oor AMH se tekstielontwerpe. Ek sou wat wou gee om ‘n verskaffer hier te hê wat haar materiaal aanhou. Jy kan van haar webblad bestel, maar dis dalk net so bietjie duurder as wat ek bereid is om op te splash.

amh

Die boek is so mooi en die fotografie deur haarself. So, al was daar nie soveel projekte, idees en patrone in nie, sou ek nogsteeds daarvan gehou het. Nou moet ek net die materiaal kry…

Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

One Response to Seams to me

  1. rialette says:

    oe kan nie wag om daar deur te blaai nie – het dit op so baie van die craft blogs al gesien, lyk yummy – nog ‘n rede om na my Bloem langnaweek uit te sien!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s