Totsiens

Ek het nodig om totsiens te sê vir ‘n paar goed:

1. Boeke-Insig – het jou vir ‘n rukkie gehad en dit was lekker.

2. Slegte gewoontes – gaan nie uitbrei nie, behalwe om te sê dat die joga DVD al ‘n paar weke in my huis lê en wag…

3. Stres – gesamentlik dan ook ‘n seer lyf wat alles die werk se skuld is. Die lugreëling is mos op sy koudste gestel, derhalwe sit ek al die hele jaar met een of twee truie aan, loop op kampus, sweet, kom terug en trek binne sekondes weer die truie aan. Saam met gebruikers wat ek  partykeer jammer kry oor my ongeduld en te veel werk in te min tyd, verdien ek die vakansie wat voorlê en … drumroll … môre begin.

4. Verskonings – GEEN meer verskonings vir alles wat ek wil doen en nie by uitkom nie.

En dan darem een hallo: Tonteldoos. Gaan kyk bietjie na die blog wat ek wil gebruik om al ons ware en talente ten toon te stel. Daar is ‘n paar vrouens by die werk wat alreeds brei en hekel teen profyt – waarom nie bietjie meer doen om te help nie? Ek het gedink ons sit foto’s op van dit wat ons maak – of jy dit wil verkoop of nie. Dan is dit vir jou om te besluit of jy vir ander mense daarvan wil vertel. Wat dink julle?

Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s