Blydskap

blydskap2

Het voorheen gesukkel om hierdie foto te laat verskyn.

Roosmaryn koekies (want hulle maak mense bly):

125g botter (kamertemperatuur)

75ml strooisuiker (gewone suiker werk ook, maar is bietjie moeiliker om te meng – as jy voedselverwerker het, blits net gewone suiker vir paar oomblikke en voila: strooisuiker!)

250ml koekmeelblom

125ml mielieblom (Maizena/cornflower)

knippie sout

2 x 10cm vars roosmaryn (verwyder van stokkie en kap fyn, fyn, fyn)

Oond op 180 Celsius. Spray-n-Cook bakplaat. Room botter en suiker tot ‘pale and fluffy’. Sif meel, maizena, sout 2 maal saam (ha-ha, dis wat oorspronklike resep voorstel, maar soos almal weet: ek sif nie! soooo, dalk is dit nog wonderliker as jy sif, maar volgens my, kan jy dit maar skip… whatever floats your boat). Meng meel, maizena, sout met geroomde botter en suiker en roer roosmaryn by. Rol deeg in ball en sit in yskas vir ten minste 10 minute (maak G&T vir jou ma, hie-hie).

Meel op (skoon :-)) oppervlak, rol uit (of druk plat met jou hand) – 3mm of redelik dun (weereens, waarvan jy hou – nie te dik want dan gaan dit te lank vat om gaar te word. Onthou: geen bakpoeier, so dit rys nie m.a.w. gaan nie groter word as wat dit rou is nie). Sny uit met hand of koekiedrukker, bak ongeveer 20min – hou maar dop, dit word nie eintlik bruin nie. Volgens resep kan jy nog bietjie strooisuiker oorsprinkel terwyl dit warm is (net na dit uit oond verwyder is en voor dit heeltemal afkoel op rakkie). Viva roosmaryn!

Advertisements
This entry was posted in Port Elizabeth. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s