Make me a match

Matchmaker, matchmaker, make me a match. Find me a find … Draai in my kop rond saam met Pink se nuwe lirieke: this used to be a fun house. What the deuce? Ek weet hoekom matchmaker ronddraai (sien boek onder), maar Pink?! Okay, ek erken, daar mag dalk ‘n paar elemente in my lewe wees wat dinge minder pret maak. MAAR op die oomblik wil ek net dankbaar wees dat ek gesond is (amper) en dat ek nie meer in die hospitaal lê nie. Ek gaan ook my bes doen om nooit weer daar te lê nie.

Dit was egter in die hospitaal wat ek begin lees het aan Julia Stuart se boek, Matchmaker of Perigord.

Make me a match

Sjarmante storie van ‘n middeljarige haarkapper wat besef dat al sy kliënte begin bles raak en in so funk gaan dat hy besluit om sy roeping te los en vir die mense in sy dorp liefde te vind. Hulle eet die hele tyd. Dit het nie my middellyn goed gedoen nie. Ek het opslag elke Franse kookboek van my rak gaan afhaal en vir amper twee weke elke aand ‘n ander eksperiment voorgesit. Gelukkig is Riaan geduldig en sal net op ‘n baie taktvolle manier probeer uitvind wanneer ons weer gaan vleis eet. Nie dat al die resepte vleisloos was nie – ons het te doen met die Franse hier, after all. Maar ek het baie slaaie uitprobeer. Heerlik, heerlik, heerlik. Ek dink my gunsteling is nogsteeds geroosterde baba-tamaties gemeng met rocket en basil blare en ‘n heerlike slaaisous (kan nie nou onthou wat als daarin was nie, maar baie eenvoudig). Parental units en Rialette gaan ook van die eksperimente moet proe, want ek het in ‘n oomblik (van ek weet nie wat nie) gesê Riaan se familie moet Nuwejaar almal by ons kom eet. Dit klink dalk asof dit bietjie vroeg kan wees om te besluit wat om vir Nuwejaar te maak, maar as ek nie nou al daaraan dink nie, gaan ek die dag voor die tyd met my hande in my hare sit en dan gaan Riaan my dalk net moet skei omdat hy nie meer loskopgeit kan vat nie!

Ek het natuurlik ook ver te veel hekelprojekte op penne en wou graag foto’s opsit van die amper-klares, maar dis geskenke vir Rialette en Ma en sal ek dit wys wanneer ek dit klaar gegee het. Ek is wel baie opgewonde oor die vintage wol wat ek by ‘n kollega gekry het. Tolle van die mooiste helder kleure – dis baie moeilik om nou al die ander projekte klaar te maak wanneer die tolle in ‘n mooi ry op die kas vir my staan en kyk. (Kry nie die foto opgelaai nie – sal later kom edit en insit.)

Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

2 Responses to Make me a match

  1. rialette says:

    Het die boek begin lees – mal oor die baker & barber se “fishing” trip!

  2. rialette says:

    Boek klaar gelees. Very sweet and amusing, with a happy ending for most concerned!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s