Soeper-doeper-doeper opgewonde!

Ek het vandag my Kersfeesgeskenk van Riaan gekry. ‘n Pragtige stel lakens in ‘n rustige turkoois, twee nuwe slaapkussings en oortreksels in ‘n lieflike groen wat fantasties saam met die turkoois lyk. Die kleure is regtig soos daardie silwer ringe wat mens kry met die turkoois stene. Dit herinner my daaraan. Ek sal mooi foto’s gaan neem met ‘n ordentlike kamera, want ek dink nie my foon kameratjie gaan gestand kan doen aan die kleur nie.

MAAR dan het Riaan na hierdie kopie gaan stop by ‘n winkel wat my meer temptasie bied as Little Angel in PE. Da Gama materiaalwinkel net onder die brug van die Sanlamsentrum in Bloemfontein se middestad. As jy nog om die draai kom en wonder of jy toe wel die regte deur na buite gevat het, tref die reuk van shweshwe jou. Die reuk van shweshwe maak my letterlik bewerig van opwinding. Nog voor ek die ontwerpe sien, het ek al klaar tien idees van wat om te maak. So hier is ‘n paar foto’s (slegte, foon-kwaliteit foto’s) van die stash-mandjie waarin ek soos ‘n mal vrou ingeduik het en jaloers lap na lap in my arms vasgehou het sodat niemand anders dalk ‘n meter vat wat eintlik vir my bedoel was nie.

Advertisements
This entry was posted in Bloemfontein. Bookmark the permalink.

One Response to Soeper-doeper-doeper opgewonde!

  1. rialette says:

    Ek soek van daai aalwyn lap!! Shweshwe rules! Jy’s darem ‘n gelukkige meisie om so vroeg al jou kersgeskenk te kry!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s