Hundertwasser handsokkies

Ek het hierdie amazing wol in Maart gekoop.

Dis geinspireer deur die kunstenaar Hundertwasser, wat deur my kollega Rosie aan my voorgestel is toe ek nog by Otto gewerk het.

Ek is mal oor sy argitektuur (Wikipedia het nice pics) en sy paintings ook. Daar is min mense wat ‘n kragstasie so goed kan laat lyk.

Hy was mal oor spirale en het reguit lyne “the devil’s tools” genoem. Wat my breiwerk – in reguit lyne – nogal ironies maak…

Maar die skildery wat my gekose bol wol geinspireer het, het ook nogal reguit lyne.

Ek het self die patroon ontwerp (HA HA – klink impressive!).

Basies is dit 56 steke op #12 naalde. Rib 4 vir 75 rye.

Ek het die eerste paar vir myself gemaak (klaar 15 April).

En toe op aanvraag, na sy dit by die skool gesien het, ‘n paar vir Mariza (klaar 14 Junie).

Dit brei baie lekker en vinnig, met minimum konsentrasie en instant results. Fassinerend om die rye en kleure te sien vorm.

Ek dink ek gaan nog ‘n paar uitkry, wat die R80 per bol prys bietjie billiker maak.

Maar nou eers die holy trinity of holiday: boek, koffie, gebak.

Chocolate croissant & custard slice from Pastryworks – art in itself.

Advertisements
This entry was posted in Port Elizabeth. Bookmark the permalink.

4 Responses to Hundertwasser handsokkies

  1. rialette says:

    PS: Mariza noem dit ‘handsokkies’.

  2. adri says:

    Oi dis mooi.

    Dit is so koud ek oorweeg bedsokkies. 😛 Ek het my naaimasjien uitgehaal. Dink jy begin my inspireer. Ek begin nou eenvoudig – warm kussings vir die honde. Ten minste hoef niemand na my skewe stiksels te staar nie. Ek weet ook dit sal miskien nie vandag nie, miskien nie môre nie, maar binnekort opgevreet word. 😉

  3. cornelle says:

    Ek ruil jou ‘n paar handsokkies gebrei vir ‘n paar handsokkies gehekel…

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s