‘n Sonneblom vir jou!

‘n Deel van een van my Kersgeskenke van Cornelle was ‘n paar sonneblomsaadjies wat ek sommer sonder plan in die grond gedruk het, net buite my tuinhek in die gemeenskaplike area van ons kompleks.

Net een saadjie het (tot dusver dalk!) ontpop in ‘n onverwagse, helder blom!

Die enigste mooi ding op daai oomblik in daai hoek van onkruid en verwaarlosing! Voorwaar ‘n tawwe tienie (is dit hoe mens tienie spel?). Hoop julle waardeer my keurige Afrikaans…

In elk geval, hou hierdie onooglike hoek dop, want ek het planne daarvoor. Planne wat al klaar begin het… Foto’s sal volg!

Advertisements
This entry was posted in Port Elizabeth. Bookmark the permalink.

2 Responses to ‘n Sonneblom vir jou!

  1. cornelle says:

    Henri het mos nou die dag Riaan se aandag gevestig op die ‘onkruid in sy taaltuin’!

    Is nuuskurig om die befores en afters te sien van die tuin.

  2. rialette says:

    Wahaaha! Ek het BAIE onkruid in my regte en my taaltuin!!! Hoop dit gaan al beter met jou gemoed, ou sonneblommetjie 🙂

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s