‘Dis asem’

Vandag oor ‘n week begin die Vryfees – en het ek en Rialette en Riaan al ‘n kuiertjie agter die blad! Maar net om haar nog so bietjie te laat uitsien, hier is ons feesplan:

Dinsdag 3uur gaan kyk ons Klaasvakie in die Wynand Mouton op kampus. Antoinette Kellerman, Wilna Snyman en Nicole Holm jaag kopspoke in ‘n ouetehuis.

Half agt begin ‘n tribute aan Lukas Maree in die Sand (g&t voor die tyd, natuurlik):

Woensdag se program word afgeskop om 12uur met die ABSA Wyn- en koskonsert, gaskunstenaar Koos Kombuis:

 

8uur die aand gaan ons vir Elsabe Zietzman sien in die aanpassing van Marita van der Vyver se Dis koue kos, skat:

Donderdag sien ons 8uur die aand Amanda Strydom se Binnekamer, ook in die Sand (woop, woop – nog g&t’s):

Vrydag is die laaste dag vir asem shows en ons gaan kyk Bloemers & Roemers by Eunice die oggend:

en Twee Tjello’s by die Odeion die middag. Ander entertainment sluit besoeke aan Koekela, Vida & Arte, Pimento, Picnic en Bella Casa in – almal natuurlik restaurante / coffee shops (nie shoppe nie!) en een Indian Bowling aand by Koedoedraai 34 – samoesas, kerrie ala Marcelle van Demo Den en virtuele ten pin bowling.

Tot die sjerrie staan reg.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to ‘Dis asem’

  1. rialette says:

    Yay!!!!! Daar gaan seker ook ‘n tjoppie of 2 gebraai word? Baaaaaie lank laas braaivleis gehad hier aan die verkeerde kant van die Boereworsgordyn 🙂 Kan nie wag nie.

  2. cornelle says:

    Natuurlik!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s